
=====================================================================
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1)
=====================================================================

Inhoudsoorsig


Afrikaans en die Universiteit van Natal

Vasu Reddy   vertel hoe studente se waardering die deurslag gegee het dat Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Natal in Durban 
kan voortgaan.

DIE lotgevalle van die departement Afrikaans en Nederlands aan die Universiteit van Natal in Durban was in die onlangse verlede hoogste 
nuus. Die abrupte aankondiging van die voorgenome sluiting van hierdie departement is met belangstelling gevolg. En die hele trauma was tog 
'n aanduiding van mense se sensitiwiteit oor die talekwessie aan die een kant en die dilemma waarin die universiteitswese hom aan die ander 
kant bevind.

Aan die einde van Junie 1997 het die universiteitsowerheid die departement genader met die oog op 'n ontmoeting met die hele personeel, 
sowel akademies as administratief. Die dosente, redelik skepties en lakoniek teen hierdie tyd, was nogmaals ingestel op die soveelste 
vergadering oor herstrukturering of transformasie, die buzz-woord by die universiteit. Min het my departementslede kon antisipeer van die 
storm wat sou losbreek.

In plaas van die demokratiese konsultasieproses waarop die universiteit altyd so gesteld is, kondig die viserektor (prof. Ahmed Bawa) toe 
abrup aan   "(that) it's our intention to close the department". Die finansile posisie van die universiteit was nypend en met die 
afskaffing van Afrikaans as regsvereiste het die voorgraadse getalle 'n voortsetting van die departement eenvoudig nie geregverdig nie. Die 
tyding was erger as 'n orkaan wat ons getref het. Maar net daar het die stryd om oorlewing begin.

Verouderde statistiek

Wat ons onmiddellik getref het, was dat hierdie verreikende oordeel oor ons -- en ook oor ander departemente, soos later sou blyk -- gevel 
is op grond van uiters onvolledige en verouderde (en verkeerde) statistiek. Die departement was immers 'n model van transformasie -- veral 
as gekyk word na die kursusse op nagraadse vlak en die gemeenskapsdiens waarby die departement betrokke is.

Nogmaals was dit egter duidelik, selfs op die hoogste vlak, dat die een hand nie geweet het wat die ander doen nie.

Die verdoemende nuus het dan ook soos 'n veldbrand versprei en koerantberigte van die volgende dae het belangrike kommentaar gelewer oor 
die slag wat die departement getref het. So hewig was die reaksie dat die kampusprinsipaal, prof. Bawa, reeds op die oggend n die eerste 
traumatiese aankondiging inderhaas na die departement teruggekeer het met die versekering dat die departement nie gaan sluit nie, maar dat 
daar net 'n paar (voorgraadse) kursusse afgeskaf sou word. Maar selfs dit was vir ons onaanvaarbaar.

Wat hierna gevolg het, was 'n proaktiewe poging van ons kant om die administrasie se verkeerde statistiek reg te stel. Uit die staanspoor 
was dit vir ons 'n uitgemaakte saak dat hier 'n groot onreg gepleeg is. Dit het nie vir ons soseer om die taal gegaan as vir baie lede van 
die Afrikaanssprekende publiek daar buite nie, maar om die voortsetting van 'n dissipline wat vir die bre onderwysgemeenskap wat betrokke 
was by taalonderrig, veral in Natal, van die grootste belang geword het. En dit is hier waar die langtermynbeplanning en die 
herstrukturering van die departement oor etlike jare 'n groot rol gespeel het. Die departement het 'n verteenwoordigende personeel en reeds 
in 1993, toe prof. Roeston Gilfillan hoof was, is daar   begin met 'n gedoseerde magistergraad in die onderrig van Afrikaans as tweede 
taal.

Nog meer: onder die leiding van die huidige departementshoof, prof. Jeanne Maartens,   is daar verskeie nuwe inisiatiewe geloods. Die 
Further Diploma in Education (vir onderwys in Afrikaans) wat in 1993 'n konsep was, word nou 'n werklikheid. Die geld hiervoor is 'n jaar 
gelede deur die Vlaamse ministerie van onderwys in Brussel geskenk. Die instelling van 'n verdere onderwysdiploma vir Afrikaansonderwysers 
werp tans vrugte af. Al hierdie planne het in die tussentyd begin vorm aanneem en vir Desember 1997 is daar byvoorbeeld reeds sowat 60 
aansoeke van swart onderwysers ontvang wat hierdie voorgestelde kursus wil volg.

Met die oog op die vreemdetaalonderrig van Afrikaans in Natal is daar ook 'n samewerkingsooreenkoms met die universiteit van Tilburg. Die 
veeltaligheid van Suid-Afrika en spesifiek die situasie in Natal was vir die Europers 'n baie aantreklike studieterrein vir 
navorsingsbetrokkenheid. Dit alles is egter nou plotseling deur die besluit van die universiteitsowerheid in gevaar gestel. En dit ten 
spyte van die feit dat die twee spesifieke gedoseerde magister- en honneurskursusse, wat albei ingestel is op die onderrig van Afrikaans as 
tweede taal, die afgelope vyf jaar stewige inskrywings vertoon het en 'n groot aantal studente reeds afgestudeer het of nou ingeskryf is 
vir 'n doktorsgraad. Om 'n idee te gee: Vir 1997 was daar 13 honneursstudente, 19 magisterstudente en 5 Ph.D.'s. Dit spreek dus vanself dat 
die buiteland sterk beswaar aangeteken het.

Een van die belangrike uitvloeisels van die hele episode was die samestelling van 'n komitee onder aanvoering van prof. Johan Combrink wat 
'n onderhoud gevoer het met die rektor, prof. Brenda Gourley.     In hierdie afvaardiging was daar benewens bekende persoonlikhede uit die 
akademiese en die politieke wreld en uit onderwysgeledere ook etlike nagraadse swart studente van die departement self. En wat my betref, 
is dit hier waar die skaal geswaai is. Dit was nie soseer die protes van oorsese institute of die verontwaardiging van die plaaslike 
Afrikaanse gemeenskap wat gewig gedra het nie, maar die getuienis van swart nagraadse studente van die departement dat die kursus wat hulle 
gevolg het en die kennis wat hulle opgedoen het, hulle lewens verander het.

Getuienis van studente

S verwoord mnr. Bo Dlamini (M.A. student) sy gevoelens: "Ek het   gehoor van die redes vir die sluiting van die departement, maar ek is 
nie oortuig nie. Hierdie departement het my sowel as my medestudente professioneel en akademies bemagtig -- ek is getuie daarvan!... Die 
sluiting van hierdie departement staan teen wat in ons grondwet beoog is met multitaligheid!"

Me. R. Lachman (Ph.D. student) vra:   "My bekommernisse is hoe hierdie besluit my studies gaan benvloed."

Elizabeth Mattson, 'n oudstudent, skryf: "Ek was student in hierdie   departement vanaf 1987-1988. Hoewel ek nie briljant was nie, was 
Afrikaans en Nederlands my gunstelingvak. Ek onthou nog die gemotiveerde en toegewyde personeel wat Afrikaans so lewendig gemaak het."

Hierdie uitsprake lyk my was die grootste erkenning waarop die departement kon hoop. En die uitslag is bekend. Die departement het veel 
sterker uit die beproewing gekom as wat dit ingegaan het. Wat dit verder vir ons kollegas en vriende buite beteken, is dat samewerking en 
regverdigheid altyd oor onregverdigheid sevier. As individue het ons almal baie geleer, as span is ons sterker, en as departement is ons 
sterker gemotiveerd om ons bydrae te lewer.

As ek ook terugkyk as oudstudent van hierdie departement, is ek baie trots om te s dat ek in hierdie departement my werklike liefde vir 
die taal en letterkunde ontwikkel het. Dit is waar ek my akademiese vaardighede ontwikkel het onder leiding van hoogs gemotiveerde 
personeel. Die waarde van enige dissipline l in 'n belangrike simbiose tussen personeel en studente. As oudstudent en tans personeellid is 
ek optimisties oor die belangrike bydrae wat my dissipline nog gaan lewer, net soos wat ander departemente ook hulle bydrae lewer. Vasu 
Reddy   is nog verbonde aan die Universiteit van Natal se departement Afrikaans en Nederlands in Durban.

Terug na bo

Hierdie blad: <http://www.afrikaans.com/av512.html> Voeg kommentaar toe aan hierdie bladsy. Skryf gerus aan die redaksie.  Kopiereg (c) 
Stigting vir Afrikaans 1999     Blaai terug | Blaai om
.

Enige woord Al die woorde Presiese frase   /// Afrikaans Vandag -- Januarie 1998 /// Geen middelmatigheid vir ons jeug (AV 5:1) /// 
Afrikaans en die Universiteit van Natal (AV 5:1) /// Die Stigting nou en vorentoe (AV 5:1) /// Medewerker van die Boekebeurs in Vlaandere 
(AV 5:1) /// Hartlik dank vir die terugvoering (AV 5:1) /// Di Afrikaans staan nie in woordeboeke nie (AV 5:1) /// Hou op kla en doen iets 
positiefs! (AV 5:1) /// M-Net se verhouding tot Afrikaans (AV 5:1) /// Afrikaans in 'n demokratiserende Suid-Afrika (AV 5:1) /// Fase Twee 
van di inisiatief l nog voor (AV 5:1) /// Taalkreatief? vir seker Afrikaans kreatief (AV 5:1) /// (Her)ontdek Nederlands via Afrika (AV 
5:1) /// Dit gaan goed met Afrikaans in die Oos-Kaap (AV 5:1) /// Vroeg al gestry vir Afrikaans (AV 5:1) /// Beterskap vir moe meisie (AV 
5:1) /// Nederland leer kinders die waarde van lees (AV 5:1) /// In die speurroman tel die Jakob sonder die ware (AV 5:1) /// Geen 
anglisisme nie (AV 5:1) /// Afrikaans word net in SA gesing -- s wie? (AV 5:1) /// Die antwoord is: aanpasbaarheid /// Ons Angel-Saksiese 
pleknaamgewing (AV 5:1) /// Privaat skole verseker moedertaalonderwys (AV 5:1) /// Andertaliges daag mekaar in Afrikaans uit (AV 5:1) /// 
Niks doen dit soos Afrikaans nie (AV 5:1) /// Radio sonder grense vandag (AV 5:1) /// Grootword met Boerneef en boeremusiek (AV 5:1) /// 'n 
Glimlag vir Anna (AV 5:1) ///

